"In vandag se samelewing lewer die media gereeld verslaggewing insake gebeurtenisse wat vreeslik skeef loop. Ek kan egter getuig oor die uitstekende wyse waarop ZAH se personeel ons situasie hanteer het. Ons 4-jarige seuntjie het onlangs aan nierversaking gely en is oorgeplaas na ZAH. Aangesien ons geen vorige onderhandelinge met ZAH gehad het nie, was ek aanvanklik skepties." - Ferdinando & Louis’e Pulella.
- Algemene Sale
Opgegradeerde Algemene Sale
Daar is drie algemene sale by die Zuid-Afrikaans Hospitaal vir volwassenes. Dié sale is geleë in die oorspronklike en historiese gebou. Alle sale het pragtige uitsigte en maklike toegang tot die tuin. Kamers in Saal A en Saal B het ook toegang tot ‘n breë stoep en Saal C het toegang tot ‘n rustige binnetuin met tuinmeubels en voëlsang. Al is die sale onlangs opgegradeer is daar sorg aan die dag gelê om die historiese karakter van die gebou te behou. Die verpleegpersoneel is van wêreldstandaard en “care workers” is beskikbaar om die pasiënt se verblyf so gemaklik moontlik te maak. Daar is ‘n gebedskamer wat geleë is tussen Saal A en Saal B. Ruim en aantreklike privaatkamers is beskikbaar in alle sale.
Ons interne Voedseldiens, wat bestuur word deur ‘n gekwalifiseerde dieetkundige, berei warm, tuisgemaakte maaltye voor. Maaltye word indiwidueel beplan en voorberei vir pasiënte wat ‘n spesiale dieet moet volg terwyl hulle in die hospitaal is. Ander pasiënte word ‘n keuse van maaltye vir die dag aangebied.
BESOEKURE VIR ALGEMENE SALE Weeksdae 15:30-16:00 19:00-19:30 Naweke en Publieke Vakansiedae 10:30-11:00 15:30-16:00 19:00-19:30
Uitstekende Kindersaal
Kinders is kosbaar en om ‘n kind in die hospitaal te hê, kan ‘n baie moeilike tyd vir ouers wees. Ons is vol vertroue dat ons uitstekende kindersaalpersoneel vertroud is daarmee om met siek kinders te werk. Die kindersaal bied ‘n private kamer vir elke kind met uitstekende infeksiebeheer wat verhoed dat kinders mekaar aansteek. Daar is 7 moeder-en kindkamers. Moeders kan inslaap en daar is ook bad- en stortfasiliteite. Tee en koffie is komplementêr en tuisgemaakte, warm maaltye is ingesluit in die tarief vir moeders wat inslaap. Ouers kan ook maaltye bestel van die Voedseldiens teen minimale koste. Kinders ontvang maaltye wat spesiaal vir hulle beplan en voorberei is vir die dieet wat hul dokters voorskryf terwyl hulle in die hospitaal is. ‘n Sekuriteitsdeur verhoed dat enigeen toegang het tot die kindersaal sonder toestemming van die kindersaalpersoneel.
BESOEKURE VIR KINDERSAAL Ouers 08:00 – 20:00 Familie 11:00 – 13:00 16:00 – 18:00 Geen kinders onder 12.